Duitse chirurg sprinkel kokaïen op privaatdele voor seks met minnares

Deel hierdie storie / Share this story

DUITSLAND. – Dr. Andreas David Niederbichler (45), ‘n Duitse chirurg, is van verkragting en aanranding aangekla. Sy minnares is dood nadat sy ‘n oordosis kokaïen ingeneem het wat hy op sy privaatdele geplaas het.

Tot nege jaar gevonnis

Die slagoffer was eers ‘n pasiënt van die top- Duitse plastiese chirurg voordat hulle verhouding begin het. Sy is in 2018 oorlede nadat Niederbichler kokaïen op sy privaatdele gesprinkel het voordat hy met haar seks gehad het. Hy is in 2019 tot nege jaar tronkstraf gevonnis. 

Drie jaar nadat Niederbichler skudlig bevind is, het die hof in die Duitse stad Magdeburg hom weer skuldig bevind. Die Daily Mail berig hy is deur die familie van die oorledene gedagvaar om geld aan die familie en vir die begrafnis te betaal.

Duitse chirurg het ook ander slagoffers

Daar word nou van  Niederbichler vereis om   £7,337 vir begrafniskostes te betaal en £8,581 elk aan die man en seun van die oorledene.

Die Dailiy Mail berig verder Niederbichler het na bewering nog drie vrouens bedwelm en seksueel aangerand. Hy het glo kokaïen in hulle drankies, lipstiffie en tandepaste gesit.

LEES OOK: Luukse motors beskadig – saak vir eers teruggetrek

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.