Rower met speelgoedgeweer regtig geskiet

Nie een van die mans het geld by hulle gehad nie en die man wat die geld gevra het, het weggestap.

Rower met speelgoedgeweer, regtig geskiet

Rower met speelgoedgeweer, regtig geskiet Foto: Maroela Media

OOS-KAAP. – ’n Vermeende rower wat ’n speelgoedgeweer gebruik het om twee mans te probeer beroof, is vandag in Port Elizabeth doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man se kar het langs die pad gebreek en hy het ’n vriend gebel om hom te kom help.

Man vra geld

“Terwyl die twee besig was om aan die voertuig te werk, het ’n man (23) hulle glo genader en vir geld gevra.”

Nie een van die mans het geld by hulle gehad nie en die man wat die geld gevra het, het weggestap.

LEES OOK: Vrees oor veiligheid na polisielid van ontvoering en moord verdink word

Probeer beroof

Die man het later teruggekom en ’n vuurwapen op die twee vriende gerig. Hy het glo die voertuig, selfone en beursies geëis. Een van die mans het ’n vuurwapen uitgeruk en die man in die hand en bors geskiet.

“Hy is later op die toneel dood verklaar,” sê Naidu.

Speelgoedgeweer

Die ondersoek het later vasgestel dat dit ’n speelgoedgeweer is waarmee die man hulle probeer beroof het.

LEES OOK: Mag jy op jou vriend se Netflix-rekening kyk?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: