Vrees oor veiligheid na polisielid van ontvoering en moord verdink word

Deel hierdie storie / Share this story

Londen. – Vroue vrees nou vir hulle veiligheid nadat ’n polisielid van die ontvoering en moord van Sarah Everard (33) verdink word. Sarah Everard het verlede week in Suid-Londen vermis geraak en ’n polisielid is in verband met haar moord in hegtenis geneem. Menslike oorskot is in ’n beboste veld in Ashford, Kent, gevind. Die oorskot moet nog geïdentifiseer word.

Loop van vriend se huis af

Sarah Everard, ’n bemarkingsbestuurder, het op 3 Maart verdwyn nadat sy omstreeks 21:00 ’n vriend se huis in Clapham verlaat het.

Volgens Independent het sy glo van die vriend se huis na haar huis in Briton geloop toe sy vermis geraak het. CCTV-beeldmateriaal van ’n privaat woning, wat wys waar sy huis toe loop, is deur die polisie in Londen vrygestel. Daar is onsekerheid oor of sy haar huis bereik het.

LEES OOK: Swanger maar steeds ’n maagd

Sy het vir 15 minute met haar kêrel op die foon gesels terwyl sy huis toe gestap het. Haar kêrel het die polisie gekontak toe hy haar nie weer in die hande kon kry nie.

Polisielid in hegtenis

’n Polisielid is op 9 Maart 2021 in verband met haar verdwyning in hegtenis geneem. ’n Vrou is ook op dieselfde dag in hegtenis geneem omdat sy na bewering ’n medepligtige is.

Polisie het op 10 Maart 2021 bekend gemaak hulle het menslike oorskot in hulle soeke na Everard gevind. Die oorskot is egter nog nie geïdentifiseer nie.

LEES OOK: Verdagte in hegtenis wat glo student vermoor