’n Vrou was erg geskok om uit te vind sy is swanger ten spyte daarvan dat sy steeds ’n maagd was en nog nooit seks gehad het nie.
Die vrou, toe 20 jaar oud, is op vier maande in haar swangerskap met vaginismus – ‘n toestand waartydens die bekkenvloerspiere in ‘n spasma saamtrek en penetrasie onmoontlik maak – gediagnoseer. Sy is nou die trotse mamma van ’n 8-jarige dogtertjie.
Geen seks, steeds swanger
Nicole Moore (28) het aan ihearrtiltelligence gesê sy het een oggend by die werk begin sleg voel, toe ’n kollega voorstel dat sy dalk swanger is.
“Ek het die idee net afgelag en vir haar gesê ek het nie seks gehad nie.”
Die vriendin het toe vir Moore verduidelik dat dit wel moontlik is om swanger te raak sonder om seks te hê.
“Ek het toe ’n toets gaan koop en was sowaar swanger.”
LEES OOK: Sesjarige dood nadat hy aan kar hang
Kêrel verstaan
“My eerste gedagte was dat my kêrel gaan dink ek het hom verneuk. Ons het by vorige geleenthede probeer om seks te hê, maar dit was onmoontlik. My liggaam wou net nie saamwerk nie.”
Moore sê sy en haar kêrel het alternatiewe metodes van intiem wees gebruik toe hulle nie seks kon hê nie.
“Gelukkig het hy nie vir een oomblik in my getwyfel nie.”
Gediagnoseer
Moore is later tydens haar swangerskap met vaginismus gediagnoseer.
“Ek was bly dat ek uit eindelik geweet het wat was fout met my, maar ek was bitter bang vir die geboorte. Hoe gaan ek geboorte gee aan ’n baba as ek nie eers seks kan hê nie?”
Terapie help
Sy het ’n terapeut gaan sien wat haar deur die proses van hoe om vaginismus te hanteer gehelp het. Sy het ’n maand later vir die eerste keer seks gehad en het vier maande later sonder enige komplikasies aan haar baba geboorte gegee.
“Ek sukkel steeds met vaginismus, maar nou weet ek ten minste hoe om dit te hanteer en wat om te doen.”
LEES OOK: Die liggame was oral in die huis gevind



