OKLAHOMA. – ’n Ouma het die liggame van ’n familie van vier, waaronder haar kleinkinders, gevind nadat sy gevra is om die kleinkinders op te pas. Hulle was vermoedelik die slagoffers van ‘n driedubbele moord-selfdood.
Die ma van die man (31) het by die gesin se huis opgedaag en haar seun, twee kleinkinders van twee en vier jaar oud en die kinders se ma (41) se liggame gevind.
LEES OOK: Leerder ‘jok’, onnie onthoof
Die ouma sou glo die kinders gaan oppas, maar toe niemand hulle fone antwoord om die planne te bevestig nie, het sy na die gesin se huis gegaan.
Onseker oor gebeure
Die polisie het nie die name van die slagoffers bekendgemaak nie en ‘n moordwapen is nog nie gevind nie. Daarom is hulle onseker wie verantwoordelik is vir die moord op die familielede. Owerhede het die voorval egter as ’n skynbare driedubbele moord-selfdood beskryf.
Die liggame van die slagoffers is glo oral in die huis gevind.
LEES OOK: Bruid los bruidegom na hy haar ‘stupid’ noem
Hoewel getuies glo tussen 10:30 en 12:30 luide geluide by die slagoffers se huis gehoor het, is daar tans geen verdere inligting oor die saak beskikbaar nie.



