Man stoot glo swanger vrou by krans af

Deel hierdie storie / Share this story

TURKYE. – ’n Man (40) hier het glo sy sewe maande  swanger vrou by ’n krans afgestoot terwyl hulle selfies geneem het. Die man wou glo haar lewensversekeringgeld eis.

LEES OOK: Bruid los bruidegom na hy haar ‘stupid’ noem

Tydens ’n vakansie in Butterfly Valley in Mugla, Turkye, het die vrou 1 000 voet na haar dood geval.

Ondanks die beskuldigings beweer haar man hy het nie sy vrou van die krans afgestamp nie.

Die man is aangekeer en in aanhouding.

LEES OOK: Leerder ‘jok’, onnie onthoof