Sesjarige dood nadat hy aan kar hang

Deel hierdie storie / Share this story

OHIO. – ’n Sesjarige seuntjie is dood toe hy aan sy ma se voertuig gehang het terwyl dit beweeg het. Sy ma wou hom na bewering langs die pad los. Hy het glo probeer om terug in die voertuig te klim, maar is saamgesleep. Dit het sy dood veroorsaak.

Sesjarige in park gelos

Volgens Yahoo News het die ma haar kind by die Rush Run-park in die straat probeer los. Die ma het glo later na die toneel teruggekeer om die seun se liggaam op te laai en in ’n rivier te gaan gooi.

Sesjarige as vermis aangemeld

Die voorval het aan die lig gekom nadat die seuntjie se ma hom as vermis by die polisiekantoor gaan aanmeld het. ’n Speurder aan diens het agtergekom iets is nie pluis nie en dat die ma en haar verloofde se stories nie ooreenstem nie.

LEES OOK: Jennifer Aniston gaan ma word

Tydens die insident, wat verlede week plaasgevind het, was die seun se boetie en sussie na bewering ook in die voertuig.

Die ma het glo later skuld erken. Sy het na bewering aan owerhede gesê sy was van plan om ook van die ander twee kinders ontslae te raak.

Albei kinders is uit haar sorg verwyder en in ’n plek van veiligheid geplaas.

Die ma en haar verloofde is albei in hegtenis geneem.

Die seun se liggaam is nog nie opgespoor nie.

LEES OOK: Pepé Le Pew in die sop oor ‘verkragtingkultuur’