ARGENTINIË. – ‘n Argentynse vrou in haar dertigs is agt jaar nadat sy gediagnoseer is met MIV van dié virus genees. Die pasiënt, van Esperanza, is getoets en geen siekteveroorsakende virusse is in haar liggaam gevind nie.
Hierdie is reeds die tweede geval waar ‘n persoon “natuurlik” van die virus genees. Die Daily Mail berig in Augustus 2020 is kennis geneem van Loreen Willenberg (67) van San Francisco wat ook natuurlik genees is.
Wêreldwyd is 39 miljoen mense al aan aan MIV/vigs dood.
Twee al natuurlik van MIV genees
Wanneer iemand met MIV besmet word, word die virus aan die DNA van die immuunsel geheg en reproduseer dan. By een uit 200 mense vestig die grootste deel van die virus aan onaktiewe dele van die genoom wat dan geen skade berokken nie. Die oorblywende virus word deur die immuunstelsel van die liggaam uit die weg geruim.
LEES OOK: TikTok wys gebruikers hoe om sout- en peperhouertjies reg te gebruik
Navorsers sê daar is hoop vir ‘n nuwe behandeling nadat hulle ‘n groep van meer as 10 000 mense ondersoek het en ‘n seldsame groep met beheerde MIV in Afrika geïdentifiseer het.
Die nuwe ontdekking kan navorsers nader bring aan hulle doel om die MIV/vigs-pandemie te beëindig. Dit gee hoop vir die bykans 38 miljoen mense wat wêreldwyd met die MIV-virus leef.
LEES OOK: Luukse motors beskadig – saak vir eers teruggetrek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



