’n Video wat onlangs opslae op TikTok gemaak het, vra hoe oud was mense toe hulle uitgevind het hoe om sout-en-peperhouertjies op die “regte” manier te gebruik.
Baie van ons sal die houertjie net skud tot die sout of peper uitkom, maar dié video het iets anders gewys.
TikTok-video maak opslae
Cody verduidelik in die kommentaar van die video dat die growwe rante aanvanklik ontwerp is te keer dat die glashouertjies van ‘n tafel af gly. Daar is later uitgevind dit help ook met die egalige vloei van sout en peper uit die houerjie.
Hierdie video is deur meer as 1.3 miljoen mense gekyk. Die mense wat kommentaar gelewer het, het koppe gekrap na die video en gevra waarom dit dan “shakers” genoem word.
LEES OOK: Luukse motors beskadig – saak vir eers teruggetrek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



