Pepé Le Pew in die sop oor ‘verkragtingkultuur’

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende Looney Tunes-karakter, Pepé Le Pew, maak nou wêreldwyd opslae omdat hierdie kinderprent glo kinders leer dat nee nie nee beteken nie. Dit dra glo by tot vandag se “verkragtingskultuur”.

Hy los nie katte uit nie

Die karakter van Pepé Le Pew. wat al van voor 1990 op almal se skerms te siene was, is ’n mannetjiesmuishond wat net nie meisieskatte kan uitlos nie. Penelope Pussycat is een van die karakters wat permanent vir hom moet weghol. In die storie word sy menigmale vasgedruk en teen haar wil vertroetel en gesoen.

LEES OOK: Die man wou glo haar lewensversekeringgeld eis.

Pepé Le Pew gekanselleer

Die karakter word nou as gevolg hiervan uit die volgende Space Jam: A New Legacy verwyder.

Mense op sosiale media sê hulle het die program as kind gekyk en nooit enigiets snaaks daarvan gedink nie, totdat hulle onlangs weer na die geliefde kinderprent gaan kyk het.

Pepé Le Pew maak sekeres ongemaklik

Dave Chapelle, komediant, het aan Think gesê die prent het hom verskriklik ongemaklik gemaak toe hy dit jare later weer kyk.

LEES OOK: Man stoot glo swanger vrou by krans af

FiND iT-lesers gesels

Charné Swanepoel Marais het op Facebook gesê: “Die wêreld is mal. Niemand het nog ooit na Pepé Le Pew gekyk en gedink wag nou gaan ek iemand verkrag nie.”

Twanet Compaan het gesê: “Twak man. Dit is ’n gewone kinderprent.”

Patricia Janse van Rensburg sê: “Hoekom moet almal iets lelik in iets onskuldig soek?”