NELSPRUIT. – ‘n Bekende en “gerespekteerde” pastoor (45) is tronkstraf opgelê nadat hy ‘n vrou wat geryloop het met ‘n geweer gedreig, verkrag en beroof het.
“Die slagoffer (39) wat van Vosman na Nelspruit geryloop het, is deur pastoor Chris Derrick Gabisani Xaba opgelaai,” sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder. Volgens Hlathi het hy aan haar vertel hy gaan eers nog gemeenskapslede oplaai voor hulle Nelspruit toe ry.
Pastoor verkrag en beroof ryloper
Xaba het toe na ‘n afgeleë bos op ‘n plaas naby Witbank gery en ‘n vuurwapen uitgehaal. Hy het die slagoffer begin dreig en gesê hy sal haar doodmaak indien sy weier om sy bevele uit te voer. Hy het toe die slagoffer wreedaardig verkrag en haar van haar persoonlike besittings, insluitende die klere wat sy aangehad het, beroof. Daarna het hy ‘n skoot afgevuur voordat hy haar gestrand gelaat het.
LEES OOK: Meisie deur kêrel aangerand en verkrag na sy hom verneuk
Die slagoffer het na die voorval hulp gaan soek. Xaba is later deur die polisie gevind in ‘n huis waar hy weggekruip het. Na ondersoeke het die polisie vasgestel Xaba was tydens die voorval uit op borg na hy aangekla is van verkragting. Twee gesteelde motors is ook in sy besit gevind.
Die pastoor is op 11 Maart 2021 deur die streekhof in Witbank skuldig bevind aan verkragting en roof. Hy sal op 19 Maart 2021 gevonnis word.
LEES OOK: Chereez (4) en ouers se lewe onderstebo gegooi na ‘oorinfeksie’
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



