Gelukkige einde vir straatkat wat oorskulpe verloor na infeksies

Deel hierdie storie / Share this story

VERENIGDE STATE. – Daar was ‘n gelukkige einde vir Lady, ‘n straatkat, nadat haar uiterlike oorskulpe verwyder moes word. Chroniese oorinfeksies en hematome het dit veroorsaak. Die dames van die Dane County Humane Society, ‘n diereskuiling en aanneemsentrum, het egter tot haar hulp gekom om haar weer stylvol te laat lyk.

Gelukkige einde na Facebook-inskrywing

Alhoewel Lady haar uiterlike ore verloor het, kan sy steeds goed hoor. Volgens Animal Pawplanet het die organisasie dadelik ‘n Facebook-blad vir Lady oopgemaak met die hoop dat iemand haar sal aanneem. Die inskrywing op Facebook oor Lady is dadelik oral gedeel. Daar word berig die kat is in minder as 24 uur deur mense aangeneem.

LEES OOK: Chereez (4) en ouers se lewe onderstebo gegooi na ‘oorinfeksie’

Voor Lady aangeneem is, het Ash Collins van die organisasie Dane County Humane Society besluit om vir Lady ‘n paar ore te hekel en aan haar te gee om haar verlore ore te vervang.

Foto: Animal Pawsplanet, Facebook

LEES OOK: Pastoor verkrag en beroof vrou wat ryloop

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus