Meisie aangerand en verkrag, kêrel gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ‘n Meisie (45) is aangerand en verkrag nadat haar kêrel uitgevind het sy is in nog ‘n verhouding.

“Die 45-jarige verdagte was in ‘n verhouding met die slagoffer en op 29 Februarie 2020 het albei saam na ‘n taverne uitgegaan. Later het die slagoffer die kroeg verlaat sonder om haar kêrel in kennis te stel. Hy het na haar begin soek en hy het haar later by ‘n ander man gekry,” sê sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

Meisie deur kêrel verkrag

Hy het die slagoffer glo begin aanrand en haar daarna hul woning ingesleep. Daar is sy verkrag.

Masegela sê na die voorval het die verdagte van die toneel gevlug. Hy is later deur die polisie gevind en in hegtenis geneem.

Hy is skuldig bevind en tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

LEES OOK: Borsmelkbank bekommerd, mense skenk minder borsmelk

LEES OOK: Luukse motors beskadig – saak vir eers teruggetrek

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus