Borsmelkbank bekommerd, mense skenk minder borsmelk

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Milk Matters voorsien melk aan prematuurbabas wat melk nodig het om te oorleef, in hospitale, maar yskaste en vrieskaste by die borsmelkbank is so te sê leeg.

Carène Joubert, ‘n dieetkundige, het aan ENCA-nuus gesê borsmelk bevat soveel beskermende faktore, teenliggaampies en immuunfaktore. Verder sê Joubert dit is die perfekte voeding vir ‘n baba om te oorleef en dit is wat dit so spesiaal maak.

Borsmelkbank voorsien daagliks aan 40 kinders

Die borsmelkbank voorsien gewoonlik ongeveer sewe liter borsmelk wat 40 babas per dag van melk kan voorsien. Tydens die pandemie het die organisasie se melkvoorsiening egter met die helfte verminder.

Jenny Wright, Milk Matters CEO, sê hulle is bekommerd oor die melkvoorraad. Tydens die tweede vlaag van die pandemie was meer ma’s, wat nie melk aan hulle babas kon voorsien nie, in die hospitaal.

Hoe kan jy help?

Milk Matters hoop dat die jaarlikse fondsinsameling, Dresses for Lives, genoeg geld sal inbring om lewegewende geskenkte moedersmelk aan prematuurbabas te kan voorsien. Die idee is dat jy ‘n rok in Maart dra en ‘n bedrag beloof wat jy sal skenk vir elke dag wat jy die rok dra. Neem dan ‘n foto wanneer jy dit dra en plaas dit op sosiale media.

LEES OOK: Van MIV genees, tweede persoon wat ‘natuurlik’ van dié virus genees

LEES OOK: Luukse motors beskadig – saak vir eers teruggetrek

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus