Vrou wat na braai vermis raak, se liggaam opgespoor

Deel hierdie storie / Share this story

BRITS. – Die vrou wat verlede week Vrydag as vermis aangemeld is ná sy saam met nuwe vriende gaan braai het, se liggaam is in ‘n lykshuis op Brits opgespoor.

FiND iT het voorheen berig die 30-jarige June Elizabeth Wittstock het Vrydagaand saam met vriende in Magalieskruin gekuier. Sy is die aand ná ‘n bakleiery daar weg. Sy het haar selfoon by die kuierplek vergeet.

Dit het later aan die lig gekom dat sy in ‘n ongeluk op die N4 betrokke was en oorlede is. Haar motor se tracker kon optel dat sy in die Brits-omgewing was. ‘n Soektog na haar is gevolglik aan die gang gesit.

Die owerhede op die toneel het nie Wittstock se familie van die ongeluk in kennis gestel nie en eers toe die insleepdienste hulle gebel het, het hulle van die ongeluk bewus geraak.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Lees ook: Meisie (15) skiet verkragter dood terwyl hy haar verkrag