Man tydens optog doodgeskiet, geïdentifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Die man wat Woensdag in die spervuur by ’n studenteprotesaksie in Braamfontein beland het en doodgeskiet is, is nou geïdentifiseer as Mthokozisi Ntumba.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat het die 35-jarige Ntumba as “deel van die gemeenskap, ’n man, ’n pa van ’n kleuter” beskryf.

FiND iT het voorheen berig ’n man is Woensdagoggend om ongeveer 10:25 op die hoek van De Beer- en Stiemensstraat in Braamfontein doodgeskiet.

Ntumba, wat nie deel van die optogte nie. Hy het glo net ‘n nabygeleë kliniek verlaat toe hy raakgeskiet is.

Die voorlopige ondersoek sluit volgens die ondersoekdirektoraat in dat verskeie ooggetuies se verklarings geneem is. Vuurwapens is afgeneem en sal vir ballistiese toetse gestuur word.

Die ondersoek duur voort.

Lees ook: Meisie (15) skiet verkragter dood terwyl hy haar verkrag