SECUNDA. – Die 6-jarige Marnu Prinsloo het na byna vier jaar sy stryd teen kanker verloor.
“Woorde kan nie beskryf nie. Daar is ‘n skielike stilte vanaand, ‘n leemte.”
Met kanker gediagnoseer
FiND iT het voorheen berig Marnu is in Junie 2017 met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer.
“Ons harte was stukkend. Dit was die moeilikste dag van ons lewens. Ons het nooit gedink dit sou met ons gebeur nie,” sê Annezell Janse van Rensburg, Marnu se ma oor dié dag wat hulle uitgevind het.
Lees ook: My stryd teen kanker – ’n tweede keer
Annezell het aanvanklik opgelet haar seuntjie is baie bleek, het knoppe oral oor sy lyfie en het koors. Toe hy van maagkrampe en moegheid begin kla, het sy geweet sy moet hom by ‘n dokter kry sodat hulle hom kan ondersoek.
Wat is ALL?
Akute limfoblastiese leukemie (ALL) is ‘n tipe kanker wat in die bloed en die beenmurg voorkom. Dis die algemeenste vorm van kanker by kinders, maar kan ook by volwassenes voorkom.
Marnu het in Augustus vanjaar sy behandeling voltooi en sy familie was saam met hom bly, tot hy later in Augustus verlede jaar ‘n terugslag ervaar het en ‘n beenmurgoorplanting moes kry.
Marnu se sussie se genetika was ongelukkig nie identies aan syne nie en dokters kon nie haar stamselle gebruik om vir Marnu ‘n oorplanting te gee nie.
Lees ook: My hel op ‘Gummy Berry Juice’
The Sunflower Fund, ‘n skenkerwerwingsentrum, het besluit om Marnu se storie aan die publiek bekend te maak in die hoop om die perfekte skenker vir hom te kry.
Verloor sy kankerstryd
Marnu is toe egter aan die begin van Maart in die intensiewesorgeenheid opgeneem en sy toestand het sedertdien nie verbeter nie. Hy het met hoë koors en bloeddruk gesukkel totdat hy Sondag oorlede is.
Lees ook: Meisie (15) skiet verkragter dood terwyl hy haar verkrag



