Man MIV-positief, verkrag seun (16)

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Man, Edmund Farao (37), is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 16-jarige seun verkrag het met die wete dat hy self MIV-positief is.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde, die seun en die seun se vriend was by Farao se huis. Volgens Tawana het Farao die seun se vriend gevra om winkel toe te loop.

Man is MIV-positief toe hy seun verkrag

Hy het daarna die seun verkrag en hom gedreig om vir niemand te sê nie. Die slagoffer het weke daarna aan sy suster van die voorval vertel. Farao is deur die polisie in hegtenis geneem.

“‘n Klag van poging tot moord is by die verkragtingsklag gevoeg omdat die beskuldigde geweet het hy is MIV-positief tydens die verkragting,” sê Tawana.

LEES OOK: Khloé Kardashian – aanhangers moet twee keer kyk

Farao is tot lewenslange tronkstraf vir verkragting gevonnis en nog agt jaar vir poging tot moord. Die twee vonnise sal gelyktydig uitgedien word.

LEES OOK: Gelukkige einde vir straatkat wat oorskulpe verloor na infeksies

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus