Helen Zille: Noue ontkoming toe boom neerstort tydens verjaarsdagviering

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – DA- federale raadsvoorsitter, Helen Zille, is dankbaar sy en haar man het beserings vrygespring toe sterk winde vooroorsaak het dat ‘n boom deur die dak van die restaurant waar hulle Zille se 70ste verjaardag gevier het, geval het.

Zille vertel in ‘n Facebook-inskrywing hoe hierdie aand-ete in ‘n “avontuurlustige feesviering” verander het.

Helen Zille vertel op Facebook

“Terwyl ek en my man by die plek waar ons getrou het, gaan eet het, het die 300-jarige eikeboom neergestort as gevolg van die sterk wind. Dit het soos ‘n aardbewing gevoel toe dit deur die dak geskeur het en die glas gebreek het. Gelukkig was niemand in sy direkte pad nie. Avontuurlike viering,” skryf Helen Zille op Facebook.

Aanhangers op haar Facebook-blad was veral bly sy het nie beserings opgedoen nie.

“Dit is so ironies, dink jy nie? Jy maak altyd ‘n impak, tot die bome ontwortel in jou vreeslose teenwoordigheid,” sê een van haar aanhangers.

“Een verjaarsdag wat niemand sal vergeet nie. Gelukkige verjaarsdag. Dis wonderlike nuus dat niemand seergekry het nie,” sê nog een.

LEES OOK: Duitse chirurg sprinkel kokaïen op privaatdele voor seks met minnares

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.