‘Trots Upington’ gevra om op te hou skoonmaak

Deel hierdie storie / Share this story

Die “Trots Upington”-veldtog, wat hier begin is om die dorp skoon te maak en skoon te hou, is gister in sy spore gestuit deur lede van die Dawid Kruiper-munisipaliteit.

Trots Upington

Hadeda News berig die Upington Concerned Citizens-groep, wat meer as 10 000 mense in Upington verteenwoordig, het dié veldtog begin.

LEES OOK: Wil jy nuus uit Upington ontvang? Sluit hier aan.

Ondersteun veldtog

Caremn Bock, van die UCC, sê plaaslike ondernemings ondersteun die veldtog deur R200 ‘n dag by te dra sodat die dorp skoongemaak kan word. “Oral sien mens lede van die gemeenskap die dorp skoonmaak. Dit is oorweldigend, want dit begin by ons.”

Henk van der Merwe, ‘n lid van die UCC, sê die munisipaliteit moes eerder die mense bedank. Hy voel die munisipaliteit dra nie die belange van die gemeenskap op die hart nie.

Skoonmaak stopgesit

Dié veldtog is Vrydag stopgesit toe die munisipaliteit lede van die “Trots Upington”-veldtog gevra het om te stop.

Die UCC het aangedui hy sal nie gestop word nie en het lede van die gemeenskap aangemoedig om die Upington Concerned Citizens Facebook-blad te volg.

LEES OOK: Dawid Kruiper-munisipaliteit vra wat almal reeds weet