Khloé Kardashian – aanhangers moet twee keer kyk

Deel hierdie storie / Share this story

Onlangse foto’s en video’s van Khloé Kardashian het aanhangers verbaas omdat hulle haar amper nie in haar onlangse video herken het nie.

Aanhangers het op Twitter hulle gevoelens oor die “veranderinge” uitgespreek.

”Khloé Kardashian ‘herlaai’ haar gesig elke twee en ‘n halwe maande en ek is altyd verbaas oor wat die nuwe opdaterings is,” spot een persoon op Twitter.

“Geen grappies nie, Khloé begin lyk soos Michael Jackson na ‘n operasie. Sy lyk nou oud,” sê nog een.

Party aanhangers beweer op Instagram sy skakel die kommentaar-opsie af op party van haar video’s en foto’s op Instagram omdat sy weet haar voorkoms kan moontlik negatiewe kommentaar uitlok.

https://www.instagram.com/tv/CMNMjHSh-ln/?igshid=19b04k642o5vs
https://www.instagram.com/p/CLfGMALBVdU/?igshid=17vai3bpvqcm4

LEES OOK: Gelukkige einde vir straatkat wat oorskulpe verloor na infeksies

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus