Duduzane Zuma, Jacob Zuma se seun, sê hy is reg om president Cyril Ramaphosa se plek in te neem en die ANC te lei.
Duduzane, wat die afgelope vyf jaar in Dubai woon, het aan Rapport gesê hy beplan om na SA terug te keer sodra vlugte na die land weer toegelaat word. Hy het ook gesê dat hy president Cyril Ramaphosa by volgende jaar se verkiesingskongres wil uitstof.
Lees ook: Vrou wat na braai vermis raak, se liggaam opgespoor
Hy is glo reeds besig om ondersteuning van ANC-takke in KwaZulu-Natal te werf.
“Dis nou die tyd om vorentoe te beweeg,” het hy aan Rapport gesê. “Ek glo daar is nou die geleentheid om betrokke te raak. Ek het baie om te bied en ek is bereid om die ekstra myl te loop vir ideale wat nie gerealiseer word nie.”
Lees ook: Klein Marnu verloor sy kankerstryd



