LONDEN. – Die menslike oorskot wat Woensdag in ’n beboste veld in Ashford, Kent, gevind is, is as dié van Sarah Everard (33) geïdentifiseer. Die hof moes hoor haar liggaam is in ’n sak, die tipe wat gebruik word vir boumateriaal, gevind en haar tandheelkundige rekords moes gebruik word om haar te identifiseer.
LEES OOK: Rower met speelgoedgeweer regtig geskiet
Verskyn in die hof
Wayne Couzens (48), ’n polisielid wat van die ontvoering en moord op Sarah Everard verdink word, het Saterdag in die Westminster-landdroshof verskyn ná hy Dinsdag in hegtenis geneem is.
Die saak sal op 16 Maart voortgaan.
Vermis
Sarah Everard, ’n bemarkingsbestuurder, het op 3 Maart verdwyn nadat sy omstreeks 21:00 ’n vriend se huis in Clapham verlaat het. Sy het vir 15 minute met haar kêrel op die foon gesels terwyl sy huis toe gestap het. Haar kêrel het die polisie gekontak toe hy haar nie weer in die hande kon kry nie. Daar is onsekerheid oor of sy haar huis bereik het.
Lees die vorige berig hier.



