KAAPSTAD. – ’n Klomp mense het Saterdag aan ’n naakte fietsryrit in Kaapstad deelgeneem. Die geleentheid is oorspronklik begin om teen afhanklikheid van olie te protesteer.
Vanjaar was die twaalfde keer dat dié internasionale World Naked Bike Ride (WNBR) plaasgevind het.
Die Kapenaars het almal Saterdag in Seepunt bymekaargekom, ’n roete deur Langstraat, Buitenstraat en Breëstraat gevolg, waarna hulle weer by die Seepunt-biblioteek bymekaargekom het.
Lees ook: Kaalbors op perd deur die dorp
Die WNBR gee persone wat aan die rit deelneem die keuse om ‘so kaal as wat hulle dit wil waag’ op te daag en só aandag te vestig op die doel agter die rit.
“Trek aan soos wat jy wil waag om aandag te vestig op sake soos fossielbrandstofafhanklikheid, klimaatsverandering, verbruikerswese, patriargale gedagtebeheer en planeet-, persoonlike en liggaamspositiwiteit.”
Die rit het in 74 ander lande regoor die wêreld plaasgevind.
Lees ook: Duduzane Zuma sê hy wil president Cyril se plek inneem



