Reusesinkgat laat motor amper heeltemal onder water verdwyn

Deel hierdie storie / Share this story

GEORGE. – Die insittendes van ‘n luukse swart Toyota Fortuner was Saterdag ongedeerd, al het hulle motor in ‘n reusesinkgat beland sodat net die agterkant uitgesteek het.

Pad toe weens reusesinkgat

Athane Scholtz, munisipale woordvoerder, het aan SABC-nuus gesê herstelwerk aan die pyp en die pad is weens die voorval vertraag. Verder sê Scholtz watertoevoer na sekere gebiede kan geraak word. Daarom word inwoners versoek om water spaarsamig te gebruik.

LEES OOK: Petrus Groenewalt (70) steeds vermis na hy spoorloos verdwyn

Die sinkgat is glo veroorsaak deur ‘n waterpyp wat in die omgewing gebars het. Die polisie probeer meer inligting kry oor wat presies gebeur het.

Foto’s van die voorval is oral op Facebook gedeel. Mense van oral het hulle ontevredenheid oor paaie in hulle omgewings uitgespreek.

LEES OOK: Nagklubbestuurders van Kimberley in hegtenis na oortreding van regulasies

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.