JORDANIË. – Premier Bisher al-Khasawneh het Jordanië se minister van gesondheid, Nathir Obeidat, gevra om te bedank nadat ses pasiënte in ‘n Covid-19-saal van ‘n hospitaal in Salt naby die hoofstad Amman tydens ‘n suurstofonderbreking gesterf het.
Obeidat het in ‘n mediaverklaring gesê die aanvanklike ondersoek toon die ses pasiënte het as gevolg van een uur se onderbreking in suurstof gesterf.
Minister van gesondheid in Jordanië bedank
Die suurstoftekort het na bewering ook die intensiewe sorg- en kraameenhede by die fasiliteit geraak, hoewel daar geen berigte was oor sterftes in die genoemde sale nie. Die rede vir die onderbreking is nog nie bekend nie, maar die saak word ondersoek.
Nuus van die sterftes is aan familielede van die slagoffers oorgedra. Hulle het woedend by die hospitaal opgedaag en is deur polisie verhoed om die hospitaal binne te gaan.
LEES OOK: Man MIV-positief, verkrag seun (16)
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



