RUSLAND. – Kirill Tereshin (24), ‘n voormalige Russiese MMA-vegter, wat goedkoop petroleumjellie-inplantings in sy arms gespuit het om soos Popeye te lyk, moet verskeie operasies ondergaan om sy arms weer soos normaal te laat lyk.
Tereshin het reeds in 2019 met operasies begin, maar die proses is in 2020 as gevolg van die pandemie onderbreek. Hy vertel op Instagram sy operasies om sy arms weer na normaal te kry, is vanjaar hervat.
Op 20 begin om soos Popeye te lyk
“Ek het operasies ondergaan om van hierdie nagmerrie ontslae te raak. Weens my eie onnoselheid het ek my arms begin verander toe ek 20 was. Ek het nie aan die gevolge gedink nie,” sê Tereshin.
Hy sê verder hy is dankbaar dokters is bereid om hom te help. Dokters het aan hom gesê hy kan sterf indien hy nie die nodige operasies ondergaan nie. Die pad na herstel is egter nog lank. Tereshin moet nog tot einde 2021 operasies ondergaan om die laaste verharde petroleumjellie te verwyder.
LEES OOK: Nagklubbestuurders van Kimberley in hegtenis na oortreding van regulasies
“Popeye” se Instagram het veral kommentaar uitgelok.
“Hoe voel dit om sulke groot arms te hê, maar jy kan nie eers een optrek-oefening doen nie?” lui een van die kommentare.
”Ek hoop hulle verwyder al die ‘gemors’ uit jou liggaam en dat jy vinnig gesond sal word,” sê nog een.
LEES OOK: Reusesinkgat laat motor amper heeltemal onder water verdwyn
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



