Die bekende sangeres, Jennifer Lopez (51), en die voormalige New York Yankees-bofbalster, Alex Rodriguez (45), het die naweek gesê hulle is steeds verloof en het nie “opgebreek” soos verskeie berigte beweer nie.
Dié bewerings dat die paartjie uitmekaar is, is al vanaf Vrydag in die media. Hulle sê alhoewel daar sekere dinge is wat hulle moet deurwerk, is hulle steeds saam.
Jennifer Lopez nie by Rodriguez in Miami
Republic World berig die twee het hulle troue al twee keer weens die pandemie uitgestel. Albei van hulle was glo baie opgewonde oor die groot dag, maar dit sal gebeur wanneer dit moet.
LEES OOK: Valentina Vassilyev het 69 kinders in haar leeftyd
People-tydskrif het ook vroeër die naweek gesê ‘n bron het vermeld die paartjie se paaie het nog nie geskei nie, maar hulle het al daaroor gepraat. Lopez en Rodriguez is al twee jaar sedert Maart 2019 verloof.
Foto’s van hulle op sosiale media
Foto’s wat Rodriguez onlangs op sosiale media gelaai het, wys hom in Miami op ‘n boot. Lopez, aan die ander kant, se sosialemediablad wys sy is in die Dominikaanse Republiek besig met die verfilming van ‘n fliek.
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



