KYK: Dronk man vat polisiebeampte se vuurwapen af

Volgens Yusuf Abramjee het die voorval in Mafahlaneng in die Vrystaat plaasgevind.

Dronk man vat polisiebeampte se vuurwapen af (Foto: Skermgreep uit die video)

Dronk man vat polisiebeampte se vuurwapen af (Foto: Skermgreep uit die video)

VRYSTAAT. – In ‘n video wat Suid-Afrikaners aan die praat het, kan gesien word hoe ‘n dronk persoon ‘n polisiebeampte se vuurwapen afvat en daarmee begin skiet.

Dié video is op Twitter gedeel. Dit blyk asof die persoon en die polisiebeampte in ‘n stryery betrokke is voor die persoon die beampte se vuurwapen vat en in alle rigtings daarmee skiet.

Lees ook: Metro maak beswaar teen ‘Gqeberha’

Persone wat die situasie sien ontvou het, begin dan skree.

Baie persone het in die kommentaarblok onder die oorspronklike video hulle teleurstelling uitgespreek omdat die polisiebeampte nie in beheer kon bly nie.

Lees ook: Reuse pampoen van 790 kg wen op pampoenfees

Volgens Yusuf Abramjee het die voorval in Mafahlaneng in die Vrystaat plaasgevind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *