April 21, 2021

Voormalige Grey PE-meneer en sportafrigter vas oor pornografieklagtes

Carelse verskyn na verwagting op 5 Mei in die Maroochydore-landdroshof.

Voormalige Grey-meneer en sportafrigter vas oor pornografieklagtes (Foto: Jean Carelse, Facebook)

Voormalige Grey-meneer en sportafrigter vas oor pornografieklagtes (Foto: Jean Carelse, Facebook)

AUSTRALIË. – Die 40-jarige Dean Carelse, voormalige Gqeberha-sportafrigter, is Saterdag in Australië in hegtenis geneem op aanklagte van die besit en verspreiding van kinderpornografie.

Speurders van die Sunshine Coast-kinderbeskermingseenheid het ‘n lasbrief uitgereik om ‘n huis in Mooloolaba in Queensland te deursoek. Volgens ‘n verklaring is daar op verskeie items beslag gelê.

Lees ook: Seun (15) sterf in vrieskas na hy probeer afkoel

Queensland-polisie het Woensdag op sosiale media ‘n beroep gedoen op enige ander slagoffers om ook na vore te kom om met die ondersoek te help.

“‘n 40-jarige man is in hegtenis geneem en aangekla van die besit en verspreiding van kinderpornografie,” lui die verklaring. “Die man is ‘n voormalige onderwyser by Sunshine Coast-privaatskool en is tans ‘n sportafrigter.”

Lees ook: Leerling wat ander glo aanrand kry 3 maande tronkstraf

Carelse verskyn na verwagting op 5 Mei in die Maroochydore-landdroshof.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: