April 19, 2021

Metro maak beswaar teen ‘Gqeberha’

Daar is ‘n rukkie gelede ‘n aanlyn petisie begin teen dié naamsverandering.

Metro maak beswaar teen 'Gqeberha'. (Foto: Travel Massive)

Metro maak beswaar teen 'Gqeberha'. (Foto: Travel Massive)

GQEBERHA. – Die Nelson Mandelabaai-metro het Dinsdag amptelik beswaar gemaak teen die naamsverandering van Port Elizabeth na Gqeberha ná minstens 66 000 mense daarteen gekant is.

Volgens Nqaba Banga, burgemeester, is die mense wat almal teen die naamsverandering gekant is, nie spesifiek een ras of een groep mense nie, maar ‘n groep wat alle Suid-Afrikaners insluit.

Daar is ‘n rukkie gelede ‘n aanlyn petisie begin teen dié naamsverandering.

Bhanga het ook gesê die metro het nie die klag ingedien om ‘n oorlog te begin nie en dat dit net ‘n stap is waardeur hul grondwetlike reg gebruik word om hul stemme te laat hoor.

Lees ook: The Kiffness help SA’ners deur video met Gqeberha-uitspraak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: