April 19, 2021

Australiërs gewaarsku teen massas spinnekoppe wat skuiling soek

Die Sydney-Tregterweb(Funnel-web)-spinnekope kan ’n mens binne slegs 15 minute doodmaak.

Australiërs gewaarsku teen massas spinnekoppe wat skuiling soek

Australiërs gewaarsku teen massas spinnekoppe wat skuiling soek Foto: NDTV

AUSTRALIË. – ’n Plaag van die wêreld se dodelikste spinnekoppe soek nou glo skuiling in huise om van vloedwaters af weg te kom na die groot hoeveelheid reën wat die land oor die naweek ontvang het.

Wegkom van vloede

LEES OOK: Prokureur wat van SAPS-bedrog verdink word, uit op borg

Volgens CNN het swaar reën aan die ooskus van Australië die naweek die ergste oorstromings in ’n halwe eeu in sommige gebiede meegebring. Die rekordvloede het ’n massale uittog van diere, veral spinnekoppe, na hoër grond veroorsaak, wat uit die vloedwater ontsnap.

Waarskuwing

Die Sydney-Tregterweb (Funnel-web)-spinnekope kan ’n mens binne slegs 15 minute doodmaak. Dit is hoekom hulle bekend staan as die wêreld se giftigste spinnekoppe.

Die Australiese Reptielpark het inwoners gewaarsku dat die spinnekop skuiling in mense se huise sal probeer soek.

LEES OOK: Wenke met koeksoda

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: