Stapper toe wel vermoor na polisie eers geen vuilspel vermoed

Deel hierdie storie / Share this story

BARRYDALE. – Die stapper, Erna Gericke (66), wie se lyk gevind is nadat haar man haar as vermis aangemeld het, is toe wel vermoor.

Die polisie het die liggaam vir ‘n nadoodse ondersoek gestuur, al het hulle in daardie stadium geen vuilspel vermoed nie. Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek dui daarop dat die wond aan haar hand en voorarm na bewering deur ‘n vuurwapen veroorsaak is.

Stapper toe wel vermoor toon ondersoek

Pojie sê verder die polisie het hulle ondersoek uitgebrei en hulle het reeds ‘n .303-geweer opgespoor wat moontlik in die misdaad gebruik is.

FiNDiT het gister berig twee verdagtes het in die hof op aanklag van motordiefstal verskyn. Dieselfde twee persone sal vandag op aanklag van moord verskyn.

LEES OOK: Stapper se lyk gevind na sy verdwyn, twee verskyn in hof

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.