April 19, 2021

Stapper se lyk gevind na sy verdwyn, twee verskyn in hof

Daar word tans geen vuilspel vermoed nie,

Stapper se lyk gevind na sy verdwyn, twee verskyn in hof

Stapper se lyk gevind na sy verdwyn, twee verskyn in hof Foto:Facebook

BARRYDALE. – Die stapper, Erna Gericke (66), se lyk is gevind nadat haar man haar Sondag 21 Maart 2021 om 18:00 as vermis aangemeld het. Sy het die middag om 14:00 gaan stap en nie teruggekeer het nie.

Stapper se lyk tydens soektog gevind

‘n Volskaalse soektog bestaande uit verskillende polisie-eenhede en lede van die gemeenskap het kort daarna begin. Tussen 02:00 en 03:00 Maandagoggend het lede van die soektog, wat die dogter van die vermiste persoon ingesluit het, die liggaam van die vrou in ‘n erg beseerde toestand ongeveer 5 tot 6 km op die Waterfall Hiking Trail gevind.

“Paramedici wat later op die toneel aangekom het, het Gericke dood verklaar. Daar sal ‘n lykskouing op die lyk gedoen word om die moontlike oorsaak van die dood te bepaal. Daar word tans geen vuilspel vermoed nie,” sê kapt. Malcolm Pojie.

Haar motor ook moontlik gesteel

Gericke het haar motor by die parkeerarea gelos toe sy gaan stap het. Die polisie het later agtergekom die motor is nie meer waar sy dit gelos het nie. Hulle het dadelik vermoed dit is gesteel.

Deur die waaksaamheid van die plaaswag en landelike veiligheidstrukture is inligting gegee oor waar die motor was. By verdere ondersoek is die motor verlate agter ‘n heuwel naby die Tradouwhoek gevind. Die regtervoorruit was gebreek.

Verdagtes verskyn in hof

Twee verdagtes van 18 en 24 jaar oud van ‘n plaas in die omgewing is in hegtenis geneem. Volgens Pojie is die noodsleutels van die Citroën P3 in die besit van een van die verdagtes gevind, wat dit met die diefstal van die motor verbind.

Albei staan tereg op aanklagte van diefstal en sal na verwagting vandag in die Barrydale-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Bejaarde (88) slaan glo haar man (99) dood omdat hy ‘lui’ is

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: