April 19, 2021

Bejaarde (88) slaan glo haar man (99) dood omdat hy ‘lui’ is

Hy het al hoe meer verswak en die buurman het gereël dat die slagoffer kliniek toe geneem moet word.

Bejaarde (88) slaan glo haar man (99) dood omdat hy ‘lui’ is

Bejaarde (88) slaan glo haar man (99) dood omdat hy ‘lui’ is Foto: stock.adobe.com

ZIMBABWE. – ‘n Bejaarde (88) van hier het na bewering haar man (99) doodgeslaan omdat hy haar nie met die daaglikse huistake wou help nie.

Luidens die polisieverslag het dié twee op die dag van die voorval ‘n onderonsie gehad nadat die slagoffer glo geweier het om die beskuldigde te help om ertjies van die veld na hul huis te dra.

LEES OOK: KYK: Chaos toe bakleiery glo tussen EFF-studente en SASCO uitbreek

Bejaarde is paar dae na voorval in hegtenis geneem

Daar word beweer tydens die stryery het die vrou haar man met stukke van bakstene op sy arms en bene geslaan. ZNT-nuus berig die man het glo aan sy bure gesê sy vrou het hom geslaan. Die buurman het hom aangeraai om vir ‘n mediese ondersoek te gaan, maar hy het geweier.

Hy het al hoe meer verswak en die buurman het gereël dat die slagoffer kliniek toe geneem moet word. Die vrou is in hegtenis geneem toe haar man enkele dae na die voorval op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk het.

LEES OOK: TikTok-neiging: ‘Dit kan ernstige pyn en ongemak veroorsaak’ sê veearts

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: