DURBAN. – In die video wat wyd op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe chaos ontstaan toe ‘n bakleiery glo tussen EFF-studente en die Suid-Afrikaanse studentekongres (SASCO) by die Universiteit van Tegnologie se kampus uitgebreek het.
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het gesê vyf studente is tydens die voorval gesteek en het beserings opgedoen.
Chaos ontstaan toe bakleiery tussen studente uitbreek
Volgens Gwala is die beseerdes na ‘n kampuskliniek vir mediese hulp geneem. Die polisie was vanoggend op die toneel om die situasie te monitor.
Dit is tans stil op die perseel van die universiteit. Geen saak is geopen nie. Gwala sê die slagoffers is wel aangeraai om sake aanhangig te maak.
LEES OOK: TikTok-neiging: ‘Dit kan ernstige pyn en ongemak veroorsaak’ sê veearts
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



