April 18, 2021

EFF beplan vreedsame optog op Barkly-Wes

Die munisipaliteit staak al glo vir die afgelope 14 dae en geen vullis of riool word verwyder nie.

EFF beplan vreedsame optog op Barkly-Wes

EFF beplan vreedsame optog op Barkly-Wes

BARKLY-WES. – Die EFF beplan ’n vreedsame optog op Barkly-Wes vir môre om ’n memorandum aan besighede in verband met dienslewering te oorhandig.

Lede wat deelneem aan die optog sal om 08:00 bymekaarkom en die optog sal om 09:00 by die hospitaal op die dorp begin. Daarna sal na die munisipaliteit, GWK, Eskom, Spar, Shoprite en ander besighede beweeg word.

Lefa Leeuw, ’n lid van die EFF, sê dit is ’n gemeenskapsoptog en dit sal vreedsaam gehandhaaf word.

LEES OOK: Oud-polisieman se oorskot uit lykshuis gesteel

Munisipale werkers staak

Munisipale werkers staak al glo vir die afgelope 14 dae en geen vullis of riool word verwyder nie.

Corrie Bergh (76), eienaar van ’n gastehuis op die dorp, sê hy kan al vir die laaste 14 dae nie gaste by sy besigheid inboek nie omdat die riool nie weggepomp word deur die munisipaliteit nie.

Die munisipale werkers staak glo omdat hulle nie PPE (personal protection equipment) kry nie.

Joana Vermeulen het aan FiND iT bevestig die munisipale werkers staak wees die tekort aan PPE, maar verdere inligting is nie in hierdie stadium beskikbaar nie.

LEES OOK: Moordverdagte gee homself oor

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: