Moordverdagte gee homself oor
Die slagoffer het ’n steekwond aan sy bors opgedoen.

Moordverdagte gee homself oor Foto: Shutterstock
OOS-KAAP. – ’n Vermeende moordverdagte (18) het homself by die Gelvandale-polisiekantoor oorgegee ná ’n man (21) ‘n noodlottige steekwond toegedien is.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Maandag 22 Maart 2021 omstreeks 07:00 reageer op ’n klag van messtekery in Virgostraat, Barcelona. “By hulle aankoms is die lede in kennis gestel die slagoffer, Envor Louw, is reeds na die hospitaal vervoer. Hy het op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk.”
Steekwond aan bors
LEES OOK: Oud-polisieman se oorskot uit lykshuis gesteel
Die slagoffer het ’n steekwond in sy bors opgedoen. Na bewering het die slagoffer en die verdagte ’n geveg gehad waartydens Louw gesteek is.
Die verdagte het homself aan die polisie oorgegee en sal gedurende die week in die landdroshof in Gqeberha verskyn.
LEES OOK: Vloermoer? So kalmeer jy jou kind