Oud-polisieman se oorskot uit lykshuis gesteel
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê ’n massa-soektog is verlede jaar begin nadat die man vermis geraak het, maar die saak het doodgeloop.

‘"Gesteelde" oorskot gevind Foto: Voice of the Cape
MPUMALANGA. -’n Afgetrede polisieman (62) wat in Oktober 2020 vermis geraak het, se oorskot is in Maart vanjaar opgespoor nadat ’n werknemer (26) in verband met die moord vorendag gekom het. Die oorskot is egter uit die lykshuis gesteel terwyl die saak nog ondersoek word.
Vermis
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê ’n massa-soektog is verlede jaar begin nadat die man vermis geraak het, maar die saak het doodgeloop.
’n Werknemer het homself op 12 Maart 2021 op Harrismith in die Vrystaat aan die polisie oorgegee en gesê hy het sy werkgewer in Mpumalanga vermoor. Hy het daarna die polisie na die toneel geneem waar hy die liggaam begrawe het.
LEES OOK: Roodepan-inwoners staak
Oorskot gesteel
Die verdagte het Donderdag in die hof verskyn en die saak is tot Dinsdag uitgestel. Hy is steeds in aanhouding.
Die oorskot is daarna uit die lykshuis gesteel en ’n saak van diefstal en dwarsboming van die gereg is aanhangig gemaak.
LEES OOK: Vloermoer? So kalmeer jy jou kind