TikTok-neiging: ‘Dit kan ernstige pyn en ongemak veroorsaak’ sê veearts
Ander ruik die skerp geur in hardloop in paniek weg.

TikTok-neiging: ‘Dit kan ernstige pyn en ongemak veroorsaak,’ sê veearts
TikTok het amper elke week ‘n nuwe neiging wat gebruikers plaas om populêr op die app te bly. ‘n Veearts spreek sy kommer oor ‘n nuwe TikTok-neiging uit en sê dit kan die dood van jou hond veroorsaak.
In die nuwe neiging voer troeteldiereienaars hulle honde hoender met ‘n warm sous oor. Party honde eet dit tot hulle besef dit brand. Ander ruik die skerp geur en hardloop paniekbevange weg.
Video’s van dié TikTok-neiging word verwyder
The Blue Cross, een van die voorste liefdadigheidsorganisasies in die Verenigde Koninkryk, sê brandrissie in warm sous kan pankreatitis – ontsteking in die pankreas – by honde veroorsaak, terwyl ander bestanddele soos ui en knoffel ook giftig vir honde is.
Sterk kosse moet nooit aan jou troeteldiere gevoer word nie, want dit kan slegte spysvertering, braking en diarree veroorsaak.
“Party neigings is prettig en kan saam met honde gedoen word. Onthou asseblief altyd – veiligheid eerste,” skryf die veearts op TikTok, @vet_techs_pj, saam met ‘n video waarin hy sy kommer uitspreek.
“Ons neem aksie wanneer so iets onder ons aandag gebring word. Ons het video’s van hierdie aard verbied en die inhoud wat wreedheid teenoor diere uitbeeld, sal verwyder word,” het die woordvoerder van TikTok aan die DailyMail gesê.
LEES OOK: Johnny Depp: Man breek in en stort in akteur se huis
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.