April 18, 2021

‘Ons kind het klaar verander’

Marius het op die ouderdom van vier jaar sy twee voortandjies uitgeval.

"Maar ek dink dis omdat hy baie verander, hy is nou meer buite as binne. Ons kind het klaar verander." (Foto: Hoop vir Marius, Facebook)

"Maar ek dink dis omdat hy baie verander, hy is nou meer buite as binne. Ons kind het klaar verander." (Foto: Hoop vir Marius, Facebook)

BUFFELSPOORT. – Die 14-jarige Marius Conradie van Buffelspoort het ná nege jaar se gespot en geterg oor sy tande, nou sy eerste stel draadjies gekry en daar is reeds ‘n reuse verskil sigbaar.

Dit volg na sy pa, Marius, homself tot Facebook gewend het in ‘n poging om sy seun te help. Binne minder as 24 uur is ‘n oproep van ’n dokter in Hartbeespoortdam gekry het wat bereid was om klein Marius verniet met die prosedure te help.

Marius het op die ouderdom van vier jaar sy twee voortandjies uitgeval. Sy voortande het teen sy tandvleis afgebreek en het veroorsaak dat sy ‘grootmenstande’ skeef groei.

“My kind word by die skool gespot, hy sukkel om te eet en hy sukkel om gewig op te tel. Hy kan nie vleis eet nie en ons moet dit vir hom fynmaak. Dis daarom dat ek besluit het om ’n post op Facebook te maak om vir hulp te vra,” het sy pa in ‘n vorige onderhoud aan FiND iT gesê.

FiND iT het voorheen berig Marius se eerste afspraak was op 11 Januarie. Aanvanklik sou sy tande net getrek word om plek te maak in sy mond, maar toe besluit die tandarts om sommer draadjies ook in te sit.

Lees ook: Gr. 8 Addie-leerling sterf tragies

“Hy teken nie meer so baie nie,” sê Marius van sy seun. “Maar ek dink dis omdat hy baie verander. Hy is nou meer buite as binne. Ons kind het klaar verander.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: