April 19, 2021

Leerling wat ander glo aanrand kry drie maande tronkstraf

In die video is dit duidelik hoe een leerling ‘n ander erg aanrand.

Die aanrandingsaak is gemaak ná 'n video in September 2020 opskudding veroorsaak het. (Foto: Sa411)

Die aanrandingsaak is gemaak ná 'n video in September 2020 opskudding veroorsaak het. (Foto: Sa411)

KWAZULU-NATAL. – Die 16-jarige leerling wat verlede jaar ná ‘n aanrandingsaak teen haar gemaak is, in hegtenis geneem is, is nou tot drie maande tronkstraf gevonnis omdat sy versuim het om in die hof te verskyn.

Die aanrandingsaak is gemaak ná ‘n video in September 2020 opskudding veroorsaak het. In die video is dit duidelik hoe een leerling ‘n ander erg aanrand.

Lees ook: Seun (15) sterf in vrieskas na hy probeer afkoel

Die slagoffer se gesin het kort na die voorval ‘n saak by die polisie gaan maak en die leerling is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die hof het haar toe vrygelaat, onder haar ouers se sorg, omdat sy minderjarig is. Sy het daarna versuim om in die hof te verskyn en die saak is tot 9 Maart uitgestel. Sy kon nie ‘n rede gee waarom sy nie in die hof was nie en is daarom tot drie maande tronkstraf gevonnis.

Lees ook: Kind dood in treadmill-ongeluk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: