April 18, 2021

Kind dood in treadmill-ongeluk

“Elkeen van die insidente is vir ons hartverskeurend en ons harte gaan uit na die families.”

Detail oor die ongeluk, insluitend die ouderdom van die kind en waar dit gebeur het, is nog nie bekendgemaak nie. (Foto: News Dome)

Detail oor die ongeluk, insluitend die ouderdom van die kind en waar dit gebeur het, is nog nie bekendgemaak nie. (Foto: News Dome)

’n Kind is dood in ’n ongeluk waarby ’n Peloton-treadmill betrokke was.

John Foley, hoof- uitvoerende beampte en medestigter van Peloton, een van die grootste fiksheidstoerustingmaatskappye ter wêreld, het Donderdag bekendgemaak ’n kind is in ’n ‘tragiese ongeluk’ waarby ’n Tread+ Treadmill betrokke was, dood.

Lees ook: Seun (9) sterf agt uur na Covid-simptome wys

Detail oor die ongeluk, insluitend die ouderdom van die kind en waar dit gebeur het, is nog nie bekendgemaak nie.

Foley het verder gesê sy maatskappy is bewus van ‘slegs ’n klein handjievol’ insidente waarby die trapmeul (treadmill), waartydens kinders seergekry het, betrokke was.

“Elkeen van die insidente is vir ons hartverskeurend en ons harte gaan uit na die families.”

Lees ook: Seuntjie (4) wat van vierde verdieping val. kritiek

In ’n ander voorval het ’n 3-jarige seuntjie ernstige kopbeserings opgedoen na hy onder die trapmeul beland het.

“Hou kinders en troeteldiere weg van die oefentoerusting. Voor jy begin oefen, maak doodseker die area rondom jou oefenmasjien is skoon,” is Foley se raad aan klante.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: