Seuntjie (4) wat van vierde verdieping val, kritiek

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ’n Vierjarige seuntjie is kritiek na hy Donderdag uit die vierde verdieping van ’n woonstel in Durban geval het.

Lees ook: Voormalige president FW de Klerk met kanker gediagnoseer

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê paramedici is ongeveer 13:40 na die toneel ontbied. Die seuntjie het die grond met sy kop eerste getref.

Hy sê met die paramedici se aankoms by die woonstel in Noordstrand het hulle die seuntjie in ’n kritieke toestand gekry. Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy na die hospitaal geneem is.

Lees ook: Ses gewapende verdagtes gesoek ná plaasaanval