April 19, 2021

Kinderpornografie – SA-man word deur VSA-owerhede ondersoek

’n Man (48) van hier word deur VSA-owerhede ondersoek en word daarvan beskuldig dat hy deel van ’n Amerikaanse kletsgroep is waar hulle siek fantasieë oor minderjariges met mekaar deel.

’n Man (48) van hier word deur VSA-owerhede ondersoek en word daarvan beskuldig dat hy deel van ’n Amerikaanse kletsgroep is waar hulle siek fantasieë oor minderjariges met mekaar deel. (Foto:Pixabay)

WES-KAAP.- ’n Man (48) van hier word deur VSA.-owerhede ondersoek en word daarvan beskuldig dat hy deel van ’n Amerikaanse kletsgroep is waar hulle siek fantasieë oor minderjariges met mekaar deel. Die verdagte was na bewering in besit van kinderpornografie.

Hy is deur plaaslike polisielede en deur VSA. ambassade-amptenare op ‘n plaas naby Swellendam in hegtenis geneem.

Aangekla

Volgens The South African het die man van Swellendam Donderdag in die hof verskyn vir die besit van beeldmateriaal wat dalk kinderpornografie mag bevat. Hy is op borg onder streng voorwaardes vrygelaat.

Die Amerikaanse kletsgroep waaraan die man behoort, deel glo eksplisiete beeldmateriaal van minderjariges.

Sien nog sy eie kinders

Die verdagte is op R2 000 borgtog vrygelaat. Hy word verbied om enige internetwebtuistes, insluitend pornografiese tuistes, te besoek. Behalwe sy eie jong kinders, word hy nie toegelaat om enige kontak met minderjarige kinders te hê nie.

Die saak is tot 13 Mei 2021 vir verdere ondersoek uitgestel.

Lees ook: Dolly Parton ontwikkel eie roomysgeur

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: