V.S.A. – Dolly Parton werk saam met Jeni’s Splendid Ice Cream om ’n spesiale uitgawe, nuwe roomysgeur te vervaardig. Die opbrengs sal aan Dolly’s Imagination Library-organisasie geskenk word.
Volgens People het Dolly die nie-winsgewende organisasie in 1995 gestig.
Hulle skenk boeke aan kinders van geboorte tot en met vyf jaar oud in die Verenigde State, Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië en die Ierse Republiek.
Lees ook: Een se lewe is ’n ander se dood
Die doel van die organisasie is om vroeë lees onder kinders aan te moedig. Dolly sê haar wens is dat kinders opgewonde oor boeke moet wees en die towerkrag van boeke moet ervaar. Sy wil seker maak elke kind het toegang tot boeke, ongeag die familie se inkomste.
Die geur van die roomys sal binnekort bekend gemaak word.

Lees ook: Schwab se “groot reset” visie vir die wêreldekonomie



