January 24, 2021

Schwab se “groot reset” visie vir die wêreldekonomie

Foto: Pixabay

Gerugte wat die rondte doen, beweer die Covid-19-pandemie is ’n klug en word gebruik om ’n groot verandering in die wêreldekonomie te maak. 

Volgens Deseret News het Klaus Schwab, die stigter van die wêreld- ekonomiese forum, gesê hierdie pandemie is ons kans om die wêreld te verbeter. Mense is bekommerd Schwab se visioen is dalk baie donker.  

Kokende padda

Berigte oor veranderinge genaamd die “kokende padda” sirkuleer op sosiale netwerke. Veranderinge in die wêreldekonomie vind stadig plaas en mens kom dit nie agter nie. Talle kommerwekkende toevallighede word aan die lig gebring, soos president Joe Biden se slagspreuk “Build Back Beter” wat ook die slagspreuk van Schwab se inisiatief oor ’n beter wêreld is.

Die wêreld- ekonomiese forum is ’n nie-winsgewende organisasie wat jaarlikse byeenkomste hou met groot sakeleiers regoor die wêreld. Alhoewel baie mense betrokke is by die organisasie berus die organisasie op Schwab se sienings.

Die hervorming van kapitalisme

Die organisasie lê klem op wêreldwye samewerking en die hervorming van kapitalisme. In sy boek, COVID-19: The Great Reset, skryf Schwab oor globale doelwitte vir private ondernemings.

Schwab sê Covid-19 sal nie direkte veranderinge in die samelewing veroorsaak nie, maar die pandemie sal die veranderinge, wat reeds aan die gang was, versnel. Baie praatjies oor die “groot reset” het te make met die hantering van ongelykheid in inkomste en welvaart, wat gedurende die pandemie in ‘n groter mate blootgestel is.  Mense op Twitter het uitgevaar oor Schwab se planne en voel dat dit die sakeleiers ’n beter kans sal gee om mense te beheer.

Die ekonoom John Mauldin sê: “Dit is waarskynlik nog ‘n voorbeeld van ryk, magtige mense wat hul gewete sus met valse pogings om die massas te help, en in die proses hulself nog ryker en magtiger te maak.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *