April 18, 2021

Checkers as die goedkoopste kruidenierswarewinkel aangewys

Terwyl die land homself in ’n pandemie bevind en talle inwoners met die minste oor die weg moet kom is Checkers, volgens ’n opname, as die goedkoopste supermark aangedui.

Terwyl die land homself in ’n pandemie bevind en talle inwoners met die minste oor die weg moet kom is Checkers, volgens ’n opname, as die goedkoopste supermark aangedui. (Foto: Pixabay)

Terwyl die land homself in ’n pandemie bevind en talle inwoners met die minste oor die weg moet kom, is Checkers, volgens ’n opname, as die goedkoopste supermark wat betref basiese kruideniersware aangewys.

Volgens The South African het Sarah Nicholson, bedryfsbestuurder van die webwerf vir persoonlike finansies, JustMoney,  gesê die aanlynpublikasie het besluit om hierdie opname te doen nadat hulle opgemerk het meer as 43% van die ondervraagde lesers sukkel om kos op die tafel te sit.

JustMoney het drie supermarkte in Kaapstad besoek en het dieselfde 12 produkte by al drie gekoop. Die produke was toiletpapier, waspoeier, rys, teesakkies, aartappels, hoenderstukke, geblikte bone, Coke, suiker, melk, brood en piesangs.

Lees ook: Pastoor skuldig aan nog verkragtings van minderjariges

Die drie supermarkte was Checkers, Pick ’n Pay en Woolworths.

Die bevindings was soos volg:

Checkers        R368.71

Pick ’n Pay     R427.99

Woolworths  R 442.34

Lees ook: ArcelorMittal se drie vermiste werkers se liggame is gevind

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: