April 18, 2021

Pastoor skuldig aan nog verkragtings van minderjariges

Thobakgale sal volgende week woensdag weer gevonnis word na dié addisonele klagtes.

Pastoor skuldig aan nog verkragtings van minderjariges

Pastoor skuldig aan nog verkragtings van minderjariges Foto: History.com

PRETORIA. – ‘n Pastoor wat ‘n meisie onder 16 jaar verkrag het, dien reeds twee lewenslange vonnisse uit. Hy is pas skuldig bevind op nog drie aanklagte van verkragting, algemene aanranding en omdat hy sy slagoffers hekse genoem het.

James Devine Thobakgale (58) is ‘n predikant by die Divine Deliverance-kerk in Seshego.

Mashudu Malabi-Dzhangi, Limpopo se woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê Thobakgale het die minderjarige meisies in ‘n lodge, in sy motor of in hul kamers wat hy uitverhuur, verkrag.

Pastoor weer skuldig aan verkragting

“Hy het hulle daarna gedreig en gesê God sal hulle straf vir ongehoorsaamheid as hulle sou weier om met hom te trou of met hom seks te hê. Sommige kere het hy ook gesê daar sal dood en siekte in hulle families wees indien hulle weier.”

Die verkragtings het van 2010 tot 2017 plaasgevind. Geen van sy slagofferers het hom in hierdie tyd aangekla nie, omdat hulle bang vir siekte en die dood was.

Thobakgale sal volgende Woensdag weer gevonnis word op die addisonele klagtes.

LEES OOK: Pastoor verkrag en beroof vrou wat ryloop

LEES OOK: Chereez (4) en ouers se lewe onderstebo gegooi na ‘oorinfeksie’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: