April 19, 2021

Argeoloë vind 60 stukkies Bybelse teks, babamandjie en kind se geraamte

“Alhoewel die stukkies klein is, het dit nuwe inligting na vore gebring wat ons nie voorheen gehad het nie.”

Israelse owerhede glo die artefakte is van die oudste in die wêreld. (Foto: The Jerusalem Post)

Israelse owerhede glo die artefakte is van die oudste in die wêreld. (Foto: The Jerusalem Post)

ISRAEL. – Israelse argeoloë het onlangs op ‘n verskeidenheid artefakte, onder andere 2000 jaar oue Bybelse teks, in die Dooie See-grotte afgekom.

Israelse owerhede glo die artefakte is van die oudste in die wêreld.

Dié artefakte, wat in die droë, warm lug van die Judese woestyn behoue gebly het, sluit in ‘n geweefde babamandjie, die geraamte van ‘n kind en 60 stukkies Bybelse teks.

Lees ook: Man sedert begin van inperking in ‘spookdorpie’ vasgekeer

Die nuwe fragmente van die Bybelse teks is in die “Cave of Horror: gevind en stem ooreen met ‘n boek genaamd “Book of the 12 Minor Prophets” wat in die 1940’s gevind is.

“Alhoewel die stukkies klein is, het dit nuwe inligting na vore gebring wat ons nie voorheen gehad het nie,” sê die argeoloë.

Hulle kon 11 reëls se teks aanmekaarsit.

Lees ook: Ma en seun saam eerstejaars op universiteit

Die Israelse owerhede het hierdie ontdekking gemaak as deel van ‘n poging om rowers, wat langs die kranse af abseil en hommeltuie gebruik om die grotte te fynkam, voor te spring.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: